Valentynsdag

Sjokolade
Rose
Boom versier vir Valentynsdag, San Diego
Valentynsdagkaart van 1909
Valentynsdagkaart van omtrent 1910
Die Heilige Valentyn van Terni, illustrasie van 'n Middeleeuse manuskrip

Valentynsdag is 'n dag waarop geliefdes ekstra aandag aan mekaar gee deur geskenke, blomme of kaartjies uit te ruil. Valentynsdag word op 14 Februarie gevier, en is gewild in baie lande regoor die wêreld, alhoewel dit nie gewoonlik 'n amptelike vakansiedag is nie. Die dag is vernoem na 'n vroeë Christelike martelaar, Sint Valentyn, en is ingestel nadat Pous Gelasius I dit in 496 as die dag van die Heilige Valentyn verklaar het.

Aanvanklik is daar nie 'n romantiese betekenis aan Valentynsdag gekoppel nie. Dit is eers in die laat Middeleeue tydens die bloeitydperk van hoofse liefde dat romantiese gebruike met hierdie dag geassosieer is. Die gedigte van Chaucer word dikwels aangehaal as die eerste vorme van valentynsgedigte. Teen die vyftiende eeu het daar 'n tradisie ontwikkel waarvolgens verliefdes vir mekaar blomme, lekkergoed, en kaartjies gestuur het. Dit het belangrik geword om 'n gepaste valentynsgedig, of boodskap in die handgemaakte kaartjie te skryf. In die negentiende eeu, met die aanvang van meganisasie, is valentynskaartjies vir die eerste keer op grootskaal in fabrieke vervaardig. Hierdie gekoopte kaartjies het dan ook die vroeëre handgemaakte kaartjies gedeeltelik vervang.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search